Ena Murray Omnibus 39

Afbeeldingen

Artikel vergelijken

  • Afrikaans
  • Paperback
  • 9780624065272
  • 20 september 2013
  • 512 pagina's
Alle productspecificaties

Samenvatting

Eensaam op Wegdraai_x000D_


'n Skaduwee skuif oor Bokkie en Tokkie se sorgelose kaalvoetlewe, waarin sokkerspel saam met die dorpseuns die hoogtepunt van pret is. En die rede? Ontluikende vroulikheid . . . 'n vloekwoord en blykbaar 'n ongeneeslike siekte. Dis veral juffrou Estelle Huizeman se arendsoog wat dié dinge opmerk. Nog meer, daardie fyn oog bespeur ook die manlikheid van hul wewenaar-pa en skoolhoof, Henk Beukes._x000D_


_x000D_


Die tweeling besef gou hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil hê nie. Want dis duidelik sy het haar visier ingestel op dié aantreklike wewenaar van Jagershoek. Die oplossing: hulle soek eerder self 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames._x000D_


_x000D_


So word Eensaam op Wegdraai geskep – eensame, aantreklike wewenaar van sewe en dertig, op soek na 'n vrou wat raad kan gee met dertienjarige tweelingdogters._x000D_


_x000D_


Al wat Bokkie en Tokkie nou moet doen, is om uit al die aansoeke die régte een te vind. Iemand wat 'n eie ma vir hulle kan wees. Want so 'n vrou sal tog hul pa se hart ook steel, of hoe?_x000D_


_x000D_


Verworpe silwer_x000D_


Op sy eerste huweliksnag fuif Louis Mocke saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? Jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop?_x000D_


_x000D_


Wanneer Dottie Willemse, Louis se eertydse liefde, terugkeer met 'n seuntjie aan die hand, ruik Eloffsdal nog 'n Mocke-skandaal waaroor hulle die mond kan uitspoel. Want Darius waarsku Louis: "As ek jou naby haar vang, breek ek jou nek." _x000D_


_x000D_


Uit flardes skinderstories en dreigemente probeer Santie sin maak uit die Mocke-raaisel. Waar pas Tanja, Darius se gewese vrou, in? Wat het van haar en Ferdi, haar minnaar en Dottie se broer, geword? Wie is die pa van Dottie se kind? Sy ontken dat dit Louis is . . ._x000D_


_x000D_


Maar voor Santie al die legkaartstukkies sorgvuldig inmekaar kan skuif, tref 'n ramp die Eloffdallers wat geen mens se lewe onaangeraak laat nie. Ook nie haar en Louis s'n nie . . ._x000D_


_x000D_


Wag-'n-bietjiebos van die liefde_x000D_


'n Nuwe geval in Keerboomstraat, H.A. Van der Merwe, keer Lisbe Erwee se geordende bestaan as maatskaplike werker omver._x000D_


_x000D_


Hoekom groef daar soveel harde, bitter lyne op die man se gesig? Hoekom moes 'n jong ma sterf en tweelingseuntjies wees agterlaat? _x000D_


_x000D_


Die wag-'n-bietjiebos by die voorhekkie van Helm se huis is vir hom simbool van sy lewe. Bid dat jou eie lewe nie in 'n wag-'n-bietjiebos vasgevang word nie, waarsku Helm vir Lisbe. 'n Mens het altyd raad vir ander totdat jou eie lewe skielik in die dorings van hoekoms en waaroms verstrengel raak._x000D_


Wanneer Lisbe op 'n dag self letterlik verstrik raak in daardie bos, word dit ook simbool van die vangtakke waaruit sy haar nie kan ontwar nie. Want êrens langs die pad het sy haar hart verloor. En nes Helm, weet sy nie hoé om te ontsnap uit die takke van die wag-'n-bietjiebos van die lewe nie

Productspecificaties

Inhoud

Taal
af
Bindwijze
Paperback
Oorspronkelijke releasedatum
20 september 2013
Aantal pagina's
512
Illustraties
Nee

Betrokkenen

Hoofdauteur
Ena Murray
Hoofduitgeverij
Human & Rousseau (Pty) Ltd

Overige kenmerken

Editie
1
Extra groot lettertype
Nee
Studieboek
Nee
Verpakking breedte
137 mm
Verpakking hoogte
213 mm
Verpakking lengte
213 mm
Verpakkingsgewicht
545 g

EAN

EAN
9780624065272

Je vindt dit artikel in

Taal
Afrikaans
Boek, ebook of luisterboek?
Boek
Studieboek of algemeen
Algemene boeken
Nog geen reviews

Kies gewenste uitvoering

Kies je bindwijze (2)

Prijsinformatie en bestellen

Niet leverbaar

Ontvang eenmalig een mail of notificatie via de bol app zodra dit artikel weer leverbaar is.

Houd er rekening mee dat het artikel niet altijd weer terug op voorraad komt.